Letterlike vertaling

Letterlike vertaling, direkte vertaling of woord-vir-woordvertaling is die oorsetting van teks uit een taal in 'n ander, een woord op 'n slag (Latyn: "verbum pro verbo") met of sonder oordrag van die betekenis van die oorspronklike geheel.

In vertaalstudies verwys "letterlike vertaling" na tegniese vertaling van wetenskaplike, tegniese, tegnologiese of regstekste.

In vertaalteorie is ’n ander term vir "letterlike vertaling" "metafrase"; en vir frase- ("betekenis") vertaling — "parafrase."

Dit word as ’n slegte gewoonte beskou word om woord vir woord (lekseem vir lekseem, of morfeem vir lekseem) oor te dra in nietegniese letterlike vertalings en beteken byvoorbeeld die wanvertaling van idiome,[1] of in die konteks van die vertaling van ’n analitiese taal na ’n sintetiese taal, maak dit selfs die grammatika onverstaanbaar.

Die konsep van letterlike vertaling kan as ’n oksimoron (selfweerspreking) beskou word, met die oog daarop dat letterlik verwys na iets wat sonder interpretasie bestaan, waar vertaling, uiteraard ’n vertolking is (’n interpretasie van die betekenis van woorde van een taal in ’n ander).

  1. John Hutchins, "The whisky was invisible", or Persistent myths of MT Geargiveer 4 April 2020 op Wayback Machine, MT News International 11 (Junie 1995), bl. 17-18.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search